Marita van der VyverMarita van der Vyver is die skrywer van 'n tiental romans, 'n bundel kortverhale, twee versamelings van humoristiese essays, prenteboeke vir kleuters, talle kortverhale en essays in versamelbundels, en gereelde rubrieke in koerante en tydskrifte. Haa boeke word deurgaans in Engels, Hollands en Duits vertaal na die sukses van haar eerste roman vir volwassenes, Griet skryf 'n sprokie, 'n literêre sensasie wat in sowat 'n dosyn tale gepubliseer is. Twee van haar romans, Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom en Dis koue kos, skat, is verfilm. Sy woon in Frankryk saam met haar familie. Read More Read Less
An OTP has been sent to your Registered Email Id:
Resend Verification Code